Die 3 maande eetplan is vir die mense wat daarvan hou om 'n plan te volg en presies te weet wat om te eet en wanneer, maar die plan is buigsaam gemaak vir die wat dalk 'n gesin het wat moet saam eet, of wanneer bestandele nie altyd beskikbaar is nie.
Dis 90 dae van 3 etes 'n dag met resepte ingesluit - volledige inligting van KETO asook Intermittent Fasting vir die wat dit wil insluit.
Die plan is ook baie buigsaam ('flexible') sodat jy jou maaltye kan omruil en aanpas want nie almal eet alle kossoorte nie, of het dalk allergië of eet klein porsies in plaas van 'n groot maaltyd.
Hierdie 3 Maande Plan is nie 'n dieet nie, maar eerder die begin van 'n nuwe leefstyl.
Die plan leer jou hoe en wat jy moet eet sodat jou liggaam weer op die regte manier kan funktioneer, jou hormone en honger kan stabiliseer en om jou inflammasie onder beheer te kry, en dis wanneer jy gewig begin verloor.
Hi there, I'm RENETTE
- South-Africa -
Food may be essential as fuel for the body, but GOOD food is fuel for the soul. - Malcolm Forbes